Waarop dui hierdie vraag?  Is dit dat die betekenis van die lewe, dit wat ons erf, ‘n skyn is, en dat die lewe in der waarheid geen betekenis het nie?  Het denkers soos Sartre en Camus reg as hulle meen die enigste betekenis wat die lewe het, is dit wat ons self maak?  Dit is van die groot vrae van ons tyd.

Camus sê ons dat Sisyphus, as beeld van sy denke, is vir die ewigheid deur die gode verdoem om ‘n rots bergop te rol.  Vir Camus is die betekenis van Sisyphus se lewe die oomblik wat hy omdraai om die rots wat telkens afrol, weer te loop haal.

Oorweeg die volgende beelde.  Lui daar ‘n klokkie of is die leser oortuig dat Sartre en Camus maar oor hulle eie lewens praat?  Is absurdisme ‘n tydelike skim wat oor ons lewens waai?

 

 

 

© Willem

www.binnetoe.wordpress.com

Les Semboules, Antibes

Mei, 2021

 

My tekeninge, gepubliseer deur RotsWolk-Uitgewers