Hou ek?
Verdwyn ek?
Is dit aksie of reaksie vir my?
Doen ek wat ek wil?
Doen ek wat ek moet?
Is ek skeppend?
Is my innerlike wonde genees?
Watse waardes het ek?
Is ek iemand se held?
Het ek waarlik lief?
Waar lê my troos?
Is ek gelukkig?
Is ek eerlik?
Het ek geheime wat ander kan seermaak?
Het ek die agterdeur gesluit?
Maak hierdie vrae my kwaad?
Is dit alles nonsins?
© Willem
http://www.binnetoe.wordpress.com
Les Semboules, Antibes
Januarie, 2021
My tekening