Daar is min mense op aarde wie se lewe so deeglik nagevors is as Hitler en veel is oor sy kinderjare geskryf.  Ek noem die boek For Your Own Good deur die Switser psigiater Alice Miller wat in die tagtigerjare in Duitsland uitgegee is en wat vir die volgende tien jaar op die topverkoperslys was.  Dit is in 1990 in Engels uitgegee.

Die baba

Een van die hoofstukke handel uitsluitlik oor Hitler se kinderjare en hy bly ‘n verwysingspunt deur die boek.  Haar tema is in die onderskrif van die boek weergegee: Hidden Cruelty in Child-Rearing and the Roots of Violence.    Dit is belangrik om te weet dat sy geensins enige goedkeuring vir die ekstensiewe gruweldade van die Nazi regering het nie, maar dit is ook belangrik om te weet dat “die ergste krimineel van alle tye”, soos sy hom noem, is nie so gebore nie.

Die voortiener

Die hoofstuk word in twee verdeel:  die kind se verhouding met sy vader en die verhouding met die moeder.  Kortom, gaan dit oor die geweld wat Hitler op ‘n gereelde basis moes verduur, die voortdurige vernedering en, net so belangrik, dat dit alles opgekrop is.  In sy boek Mein Kampf skemer die haat vir sy vader deur.  Met sy moeder is die verhouding meer kompleks.  Sy moes toekyk na die geweld wat geleidelik die kind gevorm het.  Wat sou die kind hieroor voel?

Miller se Jungiaanse analise van die uiteindelike situasie sal vir party lesers ietwat moeilik wees, maar sy hou dit redelik eenvoudig en verval nie in terme nie. Vir my was dit ‘n openbaring.  Sy voel dat die algemene benadering ten opsigte van kinders grootmaak van veral die Germaanse volke is dat geweld teenoor kinders vir hulle eie beswil is en vir die rede het dié wat Hitler gevolg het, ‘n sterk weerklank in sy lewensverhaal gevind.  Sy voel ook dat haar siening wêreldwyd toepaslik is.

Nie ‘n serene mens nie

Die boek gee ons ‘n ander siening van die moderne geskiedenis, een wat binnetoe neig in plaas van uitsluitlik op eksterne faktore staatmaak.  Dit laat ons ons eie kinders in ‘n ander lig sien.

Willem

www.binnetoe.wordpress.com

Bridgewater, Somerset-Wes

Desember, 2019

 

Bron

Alice Miller: For Your Own Good.  Faber & Faber.  1980, 1983.

Beelde

Die baba – Wikipedia

Die voortiener seun – Spartacus-educational.com

Hitler – mirror.co.uk