Hoe mooi is dit vir ons as iemand dit sê!  Hoe positief en opbouend.  Juis vir hierdie redes is daar ‘n neiging om dié oeroue sêding nie te bevraagteken nie.

Die sêding impliseer dat daar wel ‘n ander kant is, een wat nie blink nie.  Maar die sêding wil hê dat ons nét die een kant voorhou, amper met ‘n soort ontkenning vir die ander.

"O jong, lyk my hiedie ou het weer iets te sê"
“O jong, lyk my hierdie ou het weer iets te sê”

Ek sê nie die blink kant het nie waarde nie.  Ek sê maak altwee kante blink, sodat, met meer eerlikheid, jou blinkheid van binne kan uitstraal.  Sodat jou innerlike blinkheid, wat jy daar bewerkstellig, nie met iets van buite versluier word nie.  Sodat jy die waarheid kan uitleef.

Hoe is dit dat elke woord wat enige iemand sê, word dissekteer, ontleed, ondersoek in groot besonderheid?”

Laat ek maar bietjie ontleding pleeg, al is ek as ‘n swartgallige suurknol uitgekryt.  Hierdie woorde uit ‘n venynige brief aan my van ‘n familielid is met vrees deurploeg.  Ek sê dit met deernis.  Onder dié persoon se blink kant is daar diepe verwonding oor die jare opgedoen.  Dit het, so ver ek weet, min aandag of genesing ontvang.  En hierdie pyn skiet die blink kant nou verby, soos meermale ook gebeur, om my te beskuldig.

“Pas maar op vir wat hy te sê het. Mens weet nooit.”

Die blink kant in hierdie geval, meen ek, is ‘n versteende masker van verdediging.  En op hierdie stadium kan slegs ‘n self-verkose wonderwerk daardie blink dwarsboom verwyder.

Die lewe wat nie ondersoek word nie, is sonder betekenis.”  –  Sokrates

“Watse geSokrates is dit wat hy van praat? Nee wat, mens moet mooi kyk.”

 

Willem

 

My tekeninge 

 

“Jong, ek kyk maar wat agter alles steek met sulke ouens. Jy kan hulle nie vertrou nie.”

 

 

Advertisements