Ek weet al jare van die idee, maar my verdedigende sinisme het gekeer.  Twee jaar gelede met die ongelukkigheid van my familietwis begin ek ‘n dagboek van dié aard op ‘n daaglikse basis.

Ek koop my ‘n A4 oefeningboek en skryf my dankbaarheids-poste in die begin.  Agter, skryf ek my skaduweeposte — wanneer ek omgekrap is, gefrustreerd, depressief en my drome wat pla.  (“Vandag is ek kwaad verby; ek kan ek slange kook!” ens.)

Ek dateer elke pos en dissiplineer myself om nie minder as nege stellings te skryf nie:  “Ek is dankbaar vir …”)  Ek skryf net oor dankbaarheid en hou die “maar …” vir die skaduweekant van die boek wat af en toe nodig is.

Ek is dankbaar vir die dieper dinge van die lewe —  die liefde tussen my en my partennaire (Help my tog:  wat is die Afrikaanse woord?).  Onlangs, was ek dankbaar dat my dokter dit iets anders as kanker genoem het.  Ek is ook dankbaar vir die dinge wat nie so diep is nie die koel lente dag by die see;  die suiker in my koffie;  ‘n oproep van ‘n vriend.  My dankbaarheid is vir die groot en die klein dinge van die lewe.

Die effek op my is merkwaardig.  Dit beveg self-bejammering, frustrasie, slagofferskap, verdedigende sinisme, om ‘n paar te noem.  Dit voer my tot groter vrede.  Dit bring my skaduwee-kant binne ‘n verband wat ek dan beter hanteer.   Dit bring my hoop en maak van my ‘n meer bewuste mens  —  ek voel dankbaar vir hierdie glas koue water.  Die tekstuur van my dag kry meer betekenis.

In die afgelope jaar speel ek meer met die ding.  Ek het begin om die stellings voor met die stellings agter te vergelyk en ek vind (rol die tromme; klink die simbaal) dat ek vierkeer meer gelukkig as ongelukkig is!   Ek teken dankbaarheid-en-skaduwee grafieke om die inskrywings oor die jare te vergelyk.  Openbarend, om die minste te sê.  Sommiges sou sê, Dis so selfbehep, en sommer kinderagtig.  Is dit?  Hoe simpel is dit om jou donkerkant in die oog te kyk?  Dit werk vir my.  Dit is my arm om my eie skouer.

Willem

September, 2019

Dankbaarheid skep gewone dae in  dankseggings om, verander roetiene  werk met vreugde en maak van gewone

geleenthede ‘n seën.”     –    William Arthur Ward

Beelde

Bron verloor

Emirates lughawe-advertering

KLM lughawe-advertering 

Advertisements