Die wêreld wag vir sonop

Die strate span ‘n stilte

Die wind deursoek die vullis

Nurks geboue kil

Die wêreld wag vir sonop

Die duister sug swaar en voos

Sleg sluimerend die ure

‘n Sirene ver van troos

Die wêreld wag vir sonop

Enkele voetstappe soek

Genesing by die randsteen?

Die dag skuil om die hoek.

© Willem v d Walt

September, 2019

 Beelde

Twee foto’s – myne

Foto – Stéphane Mader

 

LW Die titel word deur ‘n lied deur Seitz (1918)  gevoer

 

Advertisements